Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Robbie Wessels
Composer

Lyrics

As ek net meer kan droom
Van die wind in die takke
Van die ou wilgerboom op die plaas
Ek sal alles verruil
Om weer Sondag na kerk
Saam met Remi te huil vir oulaas
Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybel prentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik
Kan Pinnochio asseblief nou uit daai walvis klim
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel
Mamma kook vir ons bokmelk vanaand
Smelt vir ons kaas in die pan
Vertel vir my weer, hoe kry Heidi so seer?
En waar kom Tautau vandaan?
As ek net weer kan glo
Soos 'n kind kan vertrou
Daar's engele daar bo wat ons bles
As ek net weer kan kyk
Hoe die vlei begin loop en hoe jou mielies weer mooi lyk John Wes
Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybel prentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik
Kan Pinnochio asseblief nou uit daai walvis klim?
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel
Is Remi se aapie dan dood?
Of speel hy nog steeds toneel?
Pa, is Nonna al terug?
Is dit reën in die lug?
Of het ek myself weer verbeel
Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybel prentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik
Kan Pinnochio asseblief nou uit daai walvis klim?
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel
Written by: Robbie Wessels
instagramSharePathic_arrow_out