Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Adam Tas
Adam Tas
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Adam Tas
Adam Tas
Composer
Koekoes Bezuidenhout
Koekoes Bezuidenhout
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Christie Schutte
Producer

Lyrics

En hy't gewoon op 'n plaas duskant Senekal
Dit was 'n veeplaas met 'n mooi opstal
En dis moeilik om te glo
Dis die huis waar stilte woon
En die kamer se ruit is steeds gebreek
Waarby 'n kantgordyn sy tong uitsteek
Die skerwe nog op die plankvloer lê
In die huis waar stilte woon
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
En hy't haar lief soos geen ander
O, en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
En die reuk van brood hang nie meer daar
Dis net sy stoppelbaard wat na die kiekies staar
Om te sien of haar glimlag nog dieselfde lyk
Maar dis asof sy deur hom na die donker kyk
Hy sê my baby ek trap 'n bloedspoor
Tot hier voor ons agterdeur
En hier voor ons God se altaar
Skaaf ek nou my knieë deur
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
En hy't haar lief soos geen ander
O, en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
En hy het haar gekry op die plaas se stoep
Haar arms en haar bene was vol bloed
Hy't haar vas gedruk
En nog asem in haar lyf gesoek
En hy strooi haar as in 'n vloedrivier
Laat haar spoel tot op strande ver van hier
Sodat haar siel kan woon in 'n sandkasteel
En die kinders heel dag rondom haar kan speel
En hy laat wilde rose deur sy geraamtes rank
'n Blom in die vroeë oggend mis
Sodat vlinders vlugtig sitplek vind
Op die plekke waar hy stukkend is
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
En hy't haar lief soos geen ander
O, en sy was die ma wat sy kinders moes dra
Sy was sy vrou, sy vriend en sy lover
Written by: Adam Tas, Koekoes Bezuidenhout
instagramSharePathic_arrow_out