Top Songs By Theuns Jordaan
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Theuns Jordaan
Lead Vocals
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
Lyrics
Op 'n donker aand diep in Juliemaand
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan
Het ek lank gewag die nag
Het ek lank gewag die nag
Want 'n skurk van ouds het 'n sak vol goud
Daar begrawe langs die pad
En elke donker aand met die sekelmaan
Kom hy terug en soek sy skat
Kom hy terug en soek sy skat
In die verte hoor ek vier hoewe
Soos 'n hartpols diep in die nag
Dis of die duiwel hom jag
Want die maan sit al laag
Op die pad na Nooitgedacht
Dis of die duiwel hom jag
Want die maan sit al laag
Op die pad na Nooitgedacht
By die spookklippe naby Nooitgedacht
So't die mense my vertel
Kan geen man dit waag op 'n donker nag
Hy begeef hom in die hel
Hy begeef hom in die hel
Maar ek het vasgestaan en gesê ek gaan
Man alleen een donker nag
Ek het myself gestaal en my perd laat haal
Maar ek het so iets nooit verwag
Ek het so iets nooit verwag
Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
En tien vlamtonge speel in die nag
En die ruiter lê plat
Want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht
En die ruiter lê plat
Want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht
Ek het te veel gesien en ek dog miskien
Is die beste plek die huis
Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar
En ek wens ek was al tuis
En ek wens ek was al tuis
Maar die huis is vêr en die môrester
Hang spookagtig oor die veld
Dis geen plek vir my, ek wil liewer ry
Gee die kêrel maar sy geld
Gee die kêrel maar sy geld
Maar die hoefslae dreun in my ore
En 'n skim skiet stil uit sy saal
En die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad
Want hy kom om sy skatte te haal
Maar die burgers gun hom geen rus nie
Soos 'n veldbrand kom hulle aan
En die mauser vuur dreun en die looddruppels reën
En ek dog die einde breek aan
Maar twee kole gloei in sy oë
Met een haal is hy weer in die saal
En sy perd ploeg die lug
In sy ylingse vlug
Want hy weet die dood kom hom haal
En sy perd ploeg die lug
In sy ylingse vlug
Want hy weet die dood kom hom haal
Want hy weet die dood kom hom haal
Op 'n donker aan diep in Juliemaand
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan
Het ek lank bly lê die nag
Het ek lank bly lê die nag
En ek weet geeneen sal my glo nie
Dit klink alles so gek in die dag
Maar wees elkeen wat lag
Een maal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht
Maar wees elkeen wat lag
Een maal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht
Written by: Koos Du Plessis