Top Songs By Werner Van Der Hoven
Similar Songs
Credits
COMPOSITION & LYRICS
Werner Van Der Hoven
Songwriter
Frederick den Hartog
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Frederick den Hartog
Producer
Pierre Greeff
Producer
Lyrics
[Verse 1]
Die wind waai deur die blare die wingerde staan styf
Opgelei in hulle rye gereed vir parstyd
Die druiwe raak al soeter veral Sauvignon Blanc
Maar ek wag vir daai Merlot laat daai rooi duiwel brand
[Verse 2]
Want jou liefde
Jou liefde proe net soos die Wynland
Daar waar die skemers tot laat brand
Op jou het ek my hart verloor
Op jou het ek my hart verloor
[Verse 3]
Die trekkers sleep hulle waens, die mandjie loop al oor
Hop hop na die kelder en vanaand in die stoor
Maak daai tenke voller, wynmaker doen jou bes
Gooi hom in die bottel, laat ek my dors kan les
[Verse 4]
Want jou liefde
Jou liefde proe net soos die Wynland
Daar waar die skemers tot laat brand
Op jou het ek my hart verloor
[Verse 5]
Ooh want jou liefde
Jou liefde voel net soos die Wynland
Daar waar die skemers nog hoog brand
Jy het met my hart getoor
[Verse 6]
Ooh, as jy wegraak dan voel ek alleen
Dan sit ek met 'n knop in my keel
Maar jou roesbruin is ook vir my mooi
Jy sal terugkom as jy bloeisels begin gooi
[Verse 7]
Want jou liefde
Jou liefde proe net soos die Wynland
Daar waar die skemers tot laat brand
Op jou het ek my hart verloor
[Verse 8]
Ooh want jou liefde
Jou liefde voel net soos die wynland
Daar waar die skemers nog hoog brand
Jy het met my hart getoor
Daar waar die skemers tot laat brand
Op jou het ek my hart verloor
Op jou het ek my hart verloor
Written by: Frederick den Hartog, Werner Van Der Hoven