Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
TiNo
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Hennie Jacobs
Songwriter
Lyrics
Daar’s 'n meisie wat ek ken met die mooiste smile
Kateriena was haar naam
En as sy na jou kyk met daai groot bruin oë
Maak sy jou leë hart ongedaan
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena was 'n girl van die Oos Transvaal
Met bruin hare op haar kop
Sy was o so mal oor ruk en rol
Laurika Rauch en Iggy Pop
Sy het groot geword op 'n groot ou plaas
Haar pa 'n boerseun, haar ma 'n Scot
Ek het haar ontmoet in my eerste jaar
By 'n koshuis dansopskop oo
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena het geborrel soos 'n bruistablet
Wanneer sy 'n kamer binne gaan
Al die manne wou haar dop optop
Maar vir haar het dit oor meer gegaan
Sy't my bitter baie dinge geleer
Wat 'n jonge man moet weet
En al was sy nooit my meisie nie
Kon sy my hand palms laat sweet oo
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Ek onthou die dag toe sy huis toe was
Net om nooit weer terug te keer
Ek wonder nou nog wat van haar geword het?
Kateriena van woonstel block B
Ek het haar nooit weer daarna gesien
Ek het oral rond gevra
Niemand het geweet van wie ek praat
Kateriena was jy ooit daar?
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Oo Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Kateriena Malherbe, Malherbe, Malherbe nou
Written by: Hennie Jacobs