Credits

PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Anton Goosen
Songwriter

Lyrics

[Verse 1]
Die konsertina kerm al sy verlange
In die hande van ou Silver de Lange
Hy't gespeel van die liefde
Maar hy was 'n eensame man
[Verse 2]
Ja, ou Silver, hy't die pad alleen geloop
En gedwaal soos net 'n swerwer kan
Dalk 'n bottel in die hand om die wêreld se skerpkant
Weg te brand
[Verse 3]
Dis 'n geleende konsertina vir 'n arm man
Wat kon speel beter as 'n ander kan
As die Vyf-Dagbrekers op die radio grammofoon speel
[Verse 4]
O, dan wonder ek baie oor jou Silver
Daar's so baie wat ons twee kon deel
Maar die konsertina's nou jou weduwee
En jou hande het afgetree
[Chorus]
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange
In die hanne van Silver, Silver de Lange
[Verse 5]
En kom die paaie van die ou musikante
By die kruising van die hemel se rante
En 'n man hoef nie meer vir 'n sjieling op 'n dag te speel
[Verse 6]
En ek wonder hoe baie, baie harte
Het ou Silver in sy lewe gesteel
Maar die konsertina's nou sy weduwee
Hy't sy hart net vir haar gegee
[Verse 7]
En watter vrou het gekyk in jou oë se blou?
As jou vingers om die Wheatstone se note vou
Wie't die hartseer man teen haar bors getroos?
[Verse 8]
Ja, die wêreld's nog dieselfde ou Silver
Hy's hard en hy's voos en hy's boos
Het jy alleen gespeel en musiek gemaak?
Toe jou hanne aan die stilte raak
[Chorus]
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange
In die hanne van Silver, Silver de Lange
[Chorus]
O, speel hom, Silver, speel hom weer
Speel hom Silver, nog 'n keer
En die konsertina kerm verlange
In die hande van Silver, Silver de Lange
Written by: Anton Goosen
instagramSharePathic_arrow_out