Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Anton Goosen
Composer

Lyrics

Ek ken jou pa
En ek hoop al jou paaie draai
Ook daar waar vier ver winde waai
Mag jou skepe van die lewe
Se spore oor die sewe seas draai
En daar vaar waar die hemel strepe silwer sterre saai
So laat die windjie dan maar waai-waai
Laat die hane in die sonnetjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy het jou pa se hoed op
En soos die son se hang bo Afrika
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?
Ek ken jou pa
En ek weet die wêreld is klein
Die sirkels word voller
En die binnekant verdwyn
Mag elke môre 'n oophand welk
Flink vere uit die hemelblou
Kyk die dae bars nes granate oop
Elke pit vir jou
So laat die windjie dan maar waai-waai
Laat die hane in die sonnetjie kraai
Kroontjie op die voorkop
Jy't jou pa se hoed op
En soos die son so hang bo Afrika
(Hlis' ukukhanya kuye)
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?
Soos die son se hang bo Afrika
(Hlis' ukukhanya kuye)
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?
Jy's 'n Swanepoel van Afrika
(Hlis' ukukhanya kuye)
Is dit jou pa se hoed wat jy daar dra?
So, beste Henry, groetnis alom
Jou pa se vriend, Jantjie Blom
Written by: Anton Goosen
instagramSharePathic_arrow_out