Lyrics

Ek wou ook immigreer het, maar waarheen sou ek gaan?
Op 'n vliegtuig na Nieu-Seeland maar my kindertjies moet saam
En wat dan van die honde, wat moet wag in kwarantyn?
En die kinders wat moet Engels praat, al is hul nog so klein
Ek wou die land verlaat het, op soek na wie weet wat
Is Australie die plek dan, waar die toekoms ons heen vat?
Maar wat dan van ons ouma en oupa wat ons roep?
Want as dit middernag in Brisbane is, sit hulle op die stoep
En toe semigreer ons liewer, na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch, na die Paarl toe
Lekker in Hermanus, daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle, Pretoria by die see
Ons wou ook emigreer het, maar wie sal ons verstaan?
Is Hollands nie dieselfde nie, dis amper Afrikaans
of Engeland se winter, is die sonskyn meestal grys
Toe kies ek maar die Kaapse weer en 'n kaggel in ons huis
En toe semigreer ons liewer, na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch, na die Paarl toe
Lekker in Hermanus, daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle, Pretoria by die see
Wie ken my stories in Amerika?
Hoe sê jy my naam dan in Japan?
Waar rus my siel dan in Kanada?
As ek met warm kouse rondloop in die gang
Hoe maak ek nuwe vriende in die hitte van Dubai?
Hoe maak ek met verlange as ek dink aan Mosselbaai?
Hoe praat ek Afrikaans op 'n trein in Amsterdam?
Hoe maak ek met verlange na die Hartebeespoortdam?
En toe semigreer ons liewer, na die Wes-Kaap toe
Van Somerset tot Stellenbosch, na die Paarl toe
Lekker in Hermanus, daar is rooiwyn in my tee
Nou braai ek met my pelle, Pretoria by die see
instagramSharePathic_arrow_out