Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Carike Keuzenkamp
Carike Keuzenkamp
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Rose Van Tonder
Rose Van Tonder
Composer
Trad. Arrang: B. Pretorius
Trad. Arrang: B. Pretorius
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
B Pretorius
B Pretorius
Producer
Rose Van Tonder
Rose Van Tonder
Producer

Lyrics

Die seilskip St. Christovoor
Met kaptein Bartlomeu
Waar langs die woeste kus van Afrika
In die nag hemel wink
Vreemde sterre so blink
Ons voel verlore ver van Portugal
Hys nou die seile hoog
Tuur met jou seemans oog
Waar is die Kaap waar's
Die eindpunt van Afrika?
Laat ons terug draai
Na n vriendelike kaai
Bartlomeu Dias ons wil huistoe gaan
By Walvisbaai verby
Geen Kaap kon ons nog kry
Die stormwinde waai ons by Kersfees verby
Die nuwe jaar gee
Net meer son en meer see
Ons voel verlore, ver van Afrika
Hys nou die seile hoog
(Hys nou die seile hoog)
Tuur met jou seemans oog
(Tuur met jou seemans oog)
Waar is die Kaap waar's
Die eindpunt van Afrika?
Laat ons terug draai
Na 'n vriendelike kaai
Bartlomeu Dias ons wil huistoe gaan
Ooswaarts het ons gedraai
Geland by Mosselbaai
Die klipkruis geplant
Op die bodem van Afrika
Nog drie dae oos
Die bemanning word boos
Bartlomeu Dias ons moet huistoe draai
Tien jaar is lank verby
Maar Indië moet hy nog kry
Met Da Gama vaar hy weer om Afrika
Maar die Kaap van storms
Het sy geweld laat geld
En Bartlomeu Dias sterf by Afrika
Hys nou die seile hoog
(Hys nou die seile hoog)
Tuur met jou seemans oog
(Tuur met jou seemans oog)
Waar is die Kaap waar's
Die eindpunt van Afrika?
Nooit sal jy verhuis
Van die Suiderkruis
Bartlomeu Dias rus by Afrika
Written by: Boet Pretorius, Rose Van Tonder, Trad. Arrang: B. Pretorius, Van Tonder Reinecke
instagramSharePathic_arrow_out