Top Songs By Anton Goosen
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Songwriter
Lyrics
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes-Transvaal

Dan hoor jy hoe die railwayperskes in die ketels val
O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perskebrandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Die oompie kerf die pitte en hy sit die helm op
Hy smeer hom toe en stook hom en hou die voorloop dop
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes-Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railwayperskes in die ketels val
O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perskebrandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Die oompie van die Mampoerbelt kry lekker tot in sy toon
Die boere bestel sy vaatjies sommer so oor die foon
En as die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes-Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railwayperskes in die ketesl val
O, die vaalhaarnooi, die rietdakhuis, die perske brandewyn
Dis vaalblaar in die ketel by Hartebeesfontein
Dis boere medisyne dié, hy kan ook vir jou moor
Die Ingelsman vat net een sluk en hy val skoon agteroor
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
En dit reën bietjie-bietjie en dit reën bietjie-bietjie en dit reën in die Wes Transvaal
As die geelperskereën veertien dae in die boorde val
Dan hoor jy hoe die railwayperskes in die ketels val
Dan hoor jy hoe die railwayperskes in die ketels val
Written by: Anton Goosen