Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
John James
Performer
COMPOSITION & LYRICS
C. Delport
Composer
J.Janse v Rensburg
Composer
N. Schoombee
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Dirk van Niekerk
Producer
Lyrics
Vergewe my, ek weet ek's nie perfek nie
Jy sal nie weet nie, hoeveel trane is op my pad
Maak oop jou hart en trek my net nader
Te veel emosies verdrink my in al die spyt
Ek skree, ek smeek, ek soek my hele lewe lank na ‘n antwoord
Probeer, beheer, dis buite my reach en my gedagtes brand dood
Ek’s vasgedruk en my hart loop rond
Die lewe draai maar ek staan my grond
Ek breek die kettings van die wrede ‘weapons’ met gebroke drome staan ek op
So kom krap aan my hart en speel met my siel, verwyder my menswees en vat wat ons deel
Jy het my gedagtes jy het my verniel, daar’s soveel verskillende draaie in die games wat ons speel
Ek het my ‘mind’ gebring maar my hart is dom maak verkeerde keuses
Wanneer gaan dit stop daar is soveel redes
Tot die son drop staan ek op my voete met my kop omhoog
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd As wat my storie kan vertel
Ek vergewe jou, so naby aan perfek
Dat lewe nie sinmaak as jy nie deel daarin
Kom vat my hand, breek af jou mure
Dan bou ons iets wat niemand ooit kan vat
So sê jy my wat is ek werd , ek’s moeg vir baklei maar ek hou aan veg
Ek’s op my kniee in die kerk, ek skreeu vir die wolke maar die song bly terg
Ek’s moeg vir die mental werk
Dit breek my elke dag en ek weet nie meer hoe
Om te ‘smile’ nie, om te voel nie, om te huil nie, om te veg nie
Ek lewe nie meer soos wat ek op ‘n tyd het nie, ek moet bly veg, 'cause the world doesn’t get me
Vat net my hand want ek praat met die spieël, vra net die lewe om hier binne my te deel
Dit het my gedagtes dit het my verniel Maar ek ken al die draaie in die ‘games’ wat ons speel
Jy kyk my so asof jy my iets vra
Almal verdien ‘n tweede kans
Ja, almal verdien ‘n tweede kans
Gaan jy my judge as jy weet daar is vrees in my
Is ons dan gemaak om vir ons self te baklei
Vir 'n dag wens ek, jy kon in my hart sien
Moet 'n mens so veg om liefde te verdien
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd as wat my storie kan vertel
Ek is meer werd as wat my wonde my uitmaak
Ek is meer werd As wat my storie kan vertel
As wat my storie kan vertel
Written by: C. Delport, J.Janse v Rensburg, N. Schoombee