Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Almero
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Almero Welgemoed
Songwriter
Lyrics
En jy't my gebliksem
Met jou donnerse lag
En ek wil jou vergeet
Maar ek bly wag
En jou god is jouself
Maar jou kroon is vals
So ek gaan ophou skryf
Ek hoor jou siel en lyf
Maar dit raak gou laat, alles het groen geword
Ek noem God die sprong, is jy die afgrond?
En jy's die doodloopstraat van my kinderjare
Waar ek my knieë oop val
Jy's al moeg geluister
Jy word donker soos my bloed
Ek het nagte deur vir jou gebid
Maar jy't my, jy't my, jy't my gegroet
Ek brand die kar, ek bank af
Stuur 'n rooksein uit
Hulp, sal God dit sien?
Ek wil my asem sluk
En jy weergalm in my
Ek is heilige grond
Het jy gedink ek spreek?
Nee, dis jy wat sink
Maar dit raak gou laat, alles het groen geword
Ek noem God die sprong, is jy die afgrond?
En jy's die doodloop straat van my kinderjare
Waar ek my knieë oop val
En jy's al moeg geluister
Jy word donker soos my bloed
Ek het nagte deur vir jou gebid
Maar jy't my, jy't my, jy't my gegroet
En jy het my gebliksem
Met jou donnerse lag
En ek wil jou vergeet
Maar ek bly wag
En jou God is jouself
Maar jou kroon is vals
So ek gaan ophou skryf
Hoor jou siel en lyf
Written by: Almero Welgemoed