Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Carike Keuzenkamp
Carike Keuzenkamp
Performer
COMPOSITION & LYRICS
T Dempsey
T Dempsey
Composer

Lyrics

Hompie Kedompie sit op die wal
Hompie Kedompie het afgeval
Die koning se ruiters, die koning se leër
Kon Hompie Kedompie se val nie keer
Die liewe tante sug, want sy woon in 'n skoen
Sy weet nie wat om te doen
Want sy het nie minder nie as tien stuks kinders nie
En almal woon saam in 'n skoen
Dit is alles waar
Dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland
Waar alle kinders heerlik rond kan dwaal
En as hul hierdie storietjies kan hoor
Dan word hul weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek
Daar vêr in Feëtjieland
Kleine Duimpie is nie te groot
Hy's die enigste van sy soort
Almal is jammer, hy word nooit langer
Hy's skaars 'n vingerhoed hoog
Rooikappie buk om blomme te pluk
En ou Wolf neem sy kans nou waar
Toe Rooikappie roep, kom die boswagter gou
En met nare ou Wolf was dit klaar
Dit is alles waar
Dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland
Waar alle kinders heerlik rond kan dwaal
En as hul hierdie storietjies kan hoor
Dan word hul weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek
Daar vêr in Feëtjieland
Jan het eendag dorp toe geloop
Vir 'n hand vol boontjies die koei verkoop
Hoog teen die rank het hy opgeklim
Met 'n slim plan die reus oorwin
Sneeuwitjie fyn en sewe dwergies klein
En almal voel ewe tuis
Die hele dag lank werk hul diep in die myn
En Sneeuwitjie werk in die huis
Dit is alles waar
Dit is alles daar
Want dis in Feëtjieland
Waar alle kinders heerlik rond kan dwaal
En as hul hierdie storietjies kan hoor
Dan word hul weggevoer
Weg na die wonderlikste, heerlikste plek
Daar vêr in Feëtjieland
Written by: T Dempsey
instagramSharePathic_arrow_out