Top Songs By Sonja Herholdt
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Sonja Herholdt
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
David Kramer
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
David Kramer
Producer
Lyrics
Pak op, pak op
Sit jou goedjies op jou kop
Môre gaan ons weg
Ver van hier weg
Skipskop, Skipskop
Wanneer hou die dinge op?
Swaarkry lê net voor
Die Blouberge oor
Hoverberg se mens
Is ek gebore
Op die plek Skipskop
Nes my pa en sy pa ook
Hier deur die duine
Loop onse spore
Hier op die beach
Hier langs die see
Is ek gedoop
Maar wat ken ek anders
As die blou dam se branders?
Die wolke, en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, en pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Die linker hand, of die regter hand
Watse kant lê die plek, misverstand?
Asseblief meneer, ag, sê tog weer
Is dit die pad wat ons moet môre vat?
'n Stukkie lê hier, en 'n stukkie lê daar
Die stukkies van my lewe, lê baie deurmekaar
Tel op vir Shorty, en tel op vir Pop
Gaan haal vir Apie, en hou daai kindjie dop
Maar wat ken ek anders
As die blou dam se branders?
Die wolke, en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, en pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Maar wat ken ek anders
As die blou dam se branders?
Die wolke, en die winde wat hier waai
Verkoop jou bootjie, en pak op jou goedjies
En sê maar so long Skipskop, Skipskop sê goodbye
So long Skipskop, Skipskop sê goodbye
Written by: David Kramer