Top Songs By Juanita du Plessis
Credits
PERFORMING ARTISTS
Juanita du Plessis
Lead Vocals
Lyrics
Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry
En die stadsliggies waai ver by ons verby
Jou oë so mooi en my hart is die prooi
My hart in die weegskaal, reg in my kraal
My hart in die weegskaal, reg in my kraal
Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar Kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
In 'n huis of paleis, 'n pondok of 'n hok
Met jou aan my sy gaan die wêreld verby
Liefde't sy flikkertjie flikker gegooi
En die hart binne by 'n gewillige prooi
Die hart binne my 'n gewillige prooi
Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar Kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
Jy's 'n bondeltjie liefde as ons donkiekar ry
En ek speel konsertina vir jou en vir my
Wat maak alles saak, waar ons twee gaan bly
In Waterkloofrif of langs Paddafontein
In Waterkloofrif of langs Paddafontein
Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar Kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
Kruidjie roer my nie
Dis die naam wat jou vrinne jou noem
Maar Kruidjie roer my nooit weer nie
Dis hoe ek voel as ek jou soen
Written by: Anton Goosen