Top Songs By Juanita du Plessis
Lyrics
Die winteraand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge
Teen die hortjies klap die venster
En herinner my
Aan die klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is en dat ek my doodverlang na jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet, ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Later word ek wakker
Van die koekoek-klok se deurtjie
Dis laatnag in die voorhuis
En die middernag kom nader
Teen die hortjies klap die venster
En herinner my
Aandie klop van jou kneukel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy ver is
En dat ek my doodverlang na jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet, ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet, ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
Om my te onthou