Top Songs By Juanita du Plessis
Lyrics
Ek dink vanaand aan bitter soet verlede
Aan aande toe ons hand aan hand kan gaan
'n Toekomsdroom en ons beloof die hede
Dat amberliefde altyd sou bestaan
Uit roserooi bruin van goue herfs se kleurdig
Uit somerson se helder kransestraal
'n Ideaal van hoëveld se somer
Sou jy en ek die mooiste kleure haal
Herinnerings aan jou
Leë getapte woorde
Herinneringsakkoorde wat alles vaster hou
Herinnerings aan jou
'n Dagboek vol geskrifte
Van dae en drifte wat my alles laat onthou
Die jare trek om my al nouer kringe
En my pallet word warmte beroof
Beloftes leef koue blou herinneringe
Nou's al my kleure bleekwit uitgedoof
Met jou terugkoms blom dorre seildoekweë
En skilder ons 'n ryk, stil lewe saam
Dan sonlig krismisrose voor die venster
En botterblom gee môres teen die raam
Herinnerings aan jou
Leë getapte woorde
Herinneringsakkoorde wat alles vaster hou
Herinnerings aan jou
'n Dagboek vol geskrifte
Van dae en drifte wat my alles laat onthou