Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Fran Prins
Fran Prins
Vocals
Austin Hulme
Austin Hulme
Electric Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Fran Prins
Fran Prins
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Austin Hulme
Austin Hulme
Producer

Lyrics

[Verse 1]
As die son die nag totsiens soen
En 'n nuwe dag voor jou bloem
Mag glimlag uit jou oë spoel
En die oggend dou soos stroop proe
Mag vreugde versadig opvul
Die slag gate waarin jy struikel
Mag jy jubel tot by jou doel
Mag jy nooit ooit weer alleen voel
[Chorus]
Mag jou woorde soos heuning smaak
En jou ore doof vir die duiwel raak
Mag nuwe kleure voor jou sig oopgaan
En nuwe geure in jou reuk ontstaan
Mag jou voete vrolik tot die ritme dans
Mag jy vere hê voor elke krans
Mag rus en vrede by jou kom slaap
Tot die Here jou weer kom wakker maak
Mag jy, ja, net jy
Jou rykdom kry
Soos wat jy bring vir my
Want jy, ja, net jy
Is die rede
Waarom my pen nog skryf
[Verse 2]
Mag jou sorge verby waai
Nog voor daai eerste haan sy kraai-kraai
Mag jou gebede verhoor word
En in oorvloed oor jou uitstort
Mag genade saam jou grys raak
Al voel jou vlees huis geroes en gekraak
Mag die engele jou kom haal
Op die einde van jou lewenspaal
[Chorus]
Mag jou woorde soos heuning smaak
En jou ore doof vir die duiwel raak
Mag nuwe kleure voor jou sig oopgaan
En nuwe geure in jou reuk ontstaan
Mag jou voete vrolik tot die ritme dans
Mag jy vere hê voor elke krans
Mag rus en vrede by jou kom slaap
Tot die Here jou weer kom wakker maak
Mag jy, ja, net jy
Jou rykdom kry
Soos wat jy bring vir my
Want jy, ja, net jy
Is die rede
Waarom my pen nog skryf
Written by: Fran Prins
instagramSharePathic_arrow_out