Top Songs By Liezel Pieters
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Liezel Pieters
Vocals
Stephan Hugo
Background Vocals
Dirk van Niekerk
Keyboards
Raymond Green
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Machiel Andries Roets
Composer
Stephan Hugo
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Sean Butler
Producer
Lyrics
Op hierdie grond
Waarop ek staan
Het baie al voor my gegaan
Hier boer ek steeds vandag vooruit
Met die môregloed
Skep ek hoop en moed
Die wind, die weer
Is buite my beheer
Maar om sterk te staan
Is ek wel geleer
Die son sal sak, hy sal weer skyn
Elke oes se stroop,
deur geloof en hoop
As die groen mielieblare
Oor my hande streel
En die oggendbries
Met die veldgras speel
Dan weet ek ek’s geplant
Net waar ek hoort
Elke môre bring weer
Nuwe hoop
Om Boer te wees
Is binne in my bloed
Daarmee kom die bitter
Daarmee kom die soet
Die dagbreek bring weer nuwe krag
Vir die harde werk
Wat daar buite wag
As die bloeiselgeure
In die boorde hang
En die dag breek uit
In ‘n lofgesang
Dan weet ek ek’s geplant
Net waar ek hoort
Loop sy aan sy met
My Landbouvenoot
En as ruig sonneblom
Die lande verf in geel
En my kinders kaalvoet
Op die plaaswerf speel
Dan weet ek ek is geplant
Net waar ek hoort
Elke môre bring
weer nuwe hoop
Selfs deur welstand
Los ek nooit Sy Hand
My Landbouvenoot
Bly aan my kant
Written by: Machiel Andries Roets, Stephan Hugo