Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Jako Meyer
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Jako Meyer
Composer
Johan Viljoen
Composer
Lyrics
[Verse 1]
Die son kraak die dag soos granate
Wat op die berg se rug val
Ek maak vir ons koffie met liefde uit 'n blikketel
[Verse 2]
Die reuk van die aand se vure
Hang soos 'n jas oor die kamp
Jare se as wat daar oorbly, ek wens ek kon jou by my hê
[Chorus]
Sou jy my weer kon kry op die pad?
Tussen ons drome en heilige stad
En ek roep die berge se blou
Op soek na jou
[Verse 3]
Die sterre verskiet in die verte
'n Oomblik 'n heilige nag
Ons brand uit ons tyd saam se kerse, soos toe dit net ek en jy was
[Chorus]
Sou jy my weer kon kry op die pad?
Tussen ons drome en heilige stad
En ek roep die berge se blou
Vir net nog een dag saam met jou
[Chorus]
Sou jy my weer kon kry op die pad?
Tussen ons drome en heilige stad
En ek roep die berge se blou
Vir net nog een dag saam met jou
[Verse 4]
Kom ons gaan terug
Na Pilanesberg waar ons kon ontvlug
Waar ons net kon wees
En saam huise bou in die lug
[Chorus]
Sou jy my weer kon kry op die pad?
Tussen ons drome en heilige stad
En ek roep die berge se blou
Vir net nog een aand saam met jou
Written by: Jako Meyer, Johan Viljoen