Upcoming Concerts for Robbie Wessels
Top Songs By Robbie Wessels
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Robbie Wessels
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Robbie Wessels
Songwriter
Lyrics
Waar ry jy hoe's die shows
En hoe gaan dit nog met jou
SMS ek op die lang pad vir jou
Jy's iewers naby Beaufort
Waar is ek
En hoekom vra ek
Waar is jy
Ek sing by 'n casino
Wou net hoor
Hoe gaan dit daar by jou
Jy moet veilig ry reply jy
En dankie vir die inpop
En dis toe waar ons SMS'e stop
En ek wonder of jy weet
Hoe baie harte jy geraak het
En ek wonder of jy weet
Hoe jy mense bly gemaak het
Ek wonder of jy weet
Of is daar sein in die hemel
As daar is stuur vir my 'n boodskap
Stuur vir my nog eenmaal
Waar jy ry en waar gaan julle oorslaap
Is daar sein in die hemel
As daar is stuur 'n SMS
Dis leeg tussen die feeste
Ek belowe ek probeer my bes
Dis stil hier, hier's water
Hier's riete en kanale
Maar ek sit en dink aan woorde vir jou
Ek kyk op vra om hulp
Gee my woorde
Woorde vir jou hart
Een breakfast was genoeg om te weet
Daar is engele rondom ons
As ons mooi kyk sal ons sien
Daar's baie seine
Hoe wens ek jy was vir 'n rukkie myne
En ek wonder of jy weet
Dat ek jou altyd sal onthou
Ek wonder of jy weet
Hoe erg verlang mense na jou
Ek wonder of jy weet
Of is daar sein in die hemel
As daar is ek stuur vir jou ʼn boodskap
Ek stuur vir jou nog eenmaal
Waar ek is waar ek vanaand gaan oorslaap
Is daar sein in die hemel
As daar is ek stuur 'n SMS
Jy is in die hemel
En ek ek's by Bronkhorstspruit dam
Written by: Robbie Wessels