Featured In
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Albertus Jakobus Wilhelmus van der Merwe
Bass
Christiaan Lodewyk von Wielligh
Guitar
Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
Guitar
Johan Moskou du Toit
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Daniel Stephanus Rudolph Du Toit
Songwriter
Christiaan Lodewyk von Wielligh
Songwriter
Albertus Jakobus Wilhelmus van der Merwe
Songwriter
Johan Moskou du Toit
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Jurgen Von Wechmar
Mixing Engineer
Spoegwolf
Producer
Tim Lengfeld
Mastering Engineer
Lyrics
[Verse 1]
Bring my geweer
Bring my dogter ook
Ek wil haar een keer sien
Ek het wakker gelê
En jou in skrefies gehou
[Verse 2]
As ek verloor
Dra my na die boom
Waar valke gereeld gaan sit
Ek en my broer
Sal mekaar weer gaan soek in die wind
[Verse 3]
Sal my waarheid hou tot by jou
Waarookal jy nou is?
Ons was drenkelinge, enkelinge
Saam word die stroom ons rus
[Verse 4]
Trek af die gordyn
Maak die ysterkis oop
Ek't haar boek daarin gesit
As sy dit weer lees
Sal ons weef aan mekaar in die wind
[Verse 5]
Gaan haal vir Ben
Hy moet leer hoe om die perde van die veld in te breek
Hy's ook daardeur
Maar Heer, daar's nog wild wat in hom steek
[Verse 6]
Sal my waarheid hou tot by jou
Waarookal jy nou is?
Ons was drenkelinge, enkelinge
Saam word die stroom ons rus
[Verse 7]
Voor ek op wind vertrek
Bring eers my perde weer na die water
Drink en wees verlig
Roep al my mense dan om my nader
Dra die kinders in
Hier gaan die engele nou vergader
Hand aan hand loop ons huistoe
Vlerk aan vlerk gaan ons na die Vader
Hang my hoed aan die spyker
Begrawe al my verwyte
Ek sien hoe naby my tyd is
So kom ons kry laaste kyke
Ek weet jou hart is nog myne
Jy was met liefde nooit suinig
Ek voel 'n fok vir die duiwel
Lig wen die stryd in die einde
Is al my sondes vergewe?
Belowe? hand op die Bybel?
Written by: Albertus Jakobus Wilhelmus van der Merwe, Christiaan Lodewyk von Wielligh, Daniel Stephanus Rudolph Du Toit, Johan Moskou du Toit