Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Bouwer Bosch
Bouwer Bosch
Songwriter
Abby Heyns
Abby Heyns
Songwriter

Lyrics

Jy was my laaste eerste soen
Ek besluit nog wat ek met my hart wil doen
Want ’n vorige keer het ek te seer gekry
Toe ek te laat uit vind sy is ook lief vir my
En nou smeek ek myself om hier stil te bly
Want dis hier, waar ek gaan seerkry
Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen soos ek kon doen

Onthou jy ons laaste soen?
Kan jy sien wat jy aan my doen?
Is ’n bietjie liefde te veel gevra?
Ek wil hê jy moes my op jou hande dra
Ons het te lank gewag en ons gevoelens vermy
Dis net ’n droom wat oor is vir jou en my
Ons het te lank gewag en ons gevoelens vermy
Dis net ’n droom wat oor is vir jou en my
En nou smeek ek myself om hier stil te bly
Want dis hier waar ek gaan seerkry
Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen soos ek kon doen
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Kan jy vir my sê
Waar ons foute lê?
Hoe gaan ons die seer nou minder maak?
Dalk is ons nie vir mekaar gemaak
Dalk is ons nie vir mekaar gemaak
Ek hoop jy lê langs iemand wat jou kan liefhê soos ek doen
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek hoop jy soen nou iemand wat jou soen soos ek kon doen
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Ek het alles probeer, alles gegee maar dit was nie genoeg nie
Written by: Abby Heyns, Bouwer Bosch
instagramSharePathic_arrow_out