Lyrics

Vir eens in my lewe weet ek waar ek gaan
Vir eens in my lewe weet ek waar ek staan
Hier langs aan jou
Hier styf teen jou
Vir eens in my lewe sal ek nie laat gaan
Vir die eerste keer kan ek nou als verstaan
Ja, ek verstaan waaroor liefde gaan
En dis vir eens in my lewe
Vir eens weet ek wie ek is
En toe jou hand in myne rus het ek geweet
En toe ek in jou oë verdwaal
En my skip se anker val het ek geweet
Vir eens in my lewe
Vir eens in my lewe het jy my kom wys
Vir die eerste keer is my liefde by die huis
Ek kan dit voel en jy kan dit sien
Want dis vir eens in ons lewens
Vir eens weet ek wie ek is
En toe jou hand in myne rus het ek geweet
En toe ek in jou oë verdwaal
En my skip se anker val het ek geweet
Dit is vir eens in my lewe
Ek maak my hart se vensters oop
Sodat jy reg deur my kan sien wat wag vir jou
En die son het lanklaas deur geskyn
Die mure was yskoud, ek het verkluim
Onder in die kelders lê verlepte, ou verlede's van my hart
Die eerste keer in my lewe
Vir eens weet ek wie ek is
En toe jou hand in myne rus het ek geweet
Toe ek in jou oë verdwaal
En my skip se anker val het ek geweet
Dit is vir eens in my lewe
Vir eens in my lewe weet ek waar ek gaan
Vir eens in my lewe
Dit is vir eens in my lewe
Written by: Jacobus Frederick Jersich
instagramSharePathic_arrow_out