Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Dewald Wasserfall
Dewald Wasserfall
Performer
Juan (Floors) Oosthuizen
Juan (Floors) Oosthuizen
Guitar
Vinnie Henrico
Vinnie Henrico
Drums
Danny Rautenbach
Danny Rautenbach
Guitar
El Ben Schutte
El Ben Schutte
Keyboards
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Background Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Dewald Wasserfall
Dewald Wasserfall
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Danny Rautenbach
Danny Rautenbach
Producer
Murray Lubbe
Murray Lubbe
Mixing Engineer

Lyrics

Ek wou dit nie glo toe jy dit sê nie
Jou toelaat om met elke woord my mure af te breek
Ek kan net nie glo ek't jou laat wag nie
Wat het my laat dink dat ek jou hart net so kon breek?
En ek weet ek sal jou nooit kan vergeet nie
Ek het soveel van myself op hierdie lang pad al verloor
En ek weet dis te laat om te wil terug draai
Maar ek wil nie altyd wen nie en dis tyd om te erken jy was reg
Jy't gesê die tyd staan stil vir niemand nie
Ek't gesê die lewe is geduldig net soos jy
Nooit gedink die ure sou my inhaal nie
Ek wou nog probeer, toe is alles reeds verby
En ek weet ek sal jou nooit kan vergeet nie
Ek het soveel van myself op hierdie lang pad al verloor
En ek weet dis te laat om te wil terug draai
Maar ek wil nie altyd wen nie en dis tyd om te erken
Jy was regtig my heel beste vriend ek besef dit nou weer
Al die pyn wat ek nie vir jou kon keer
Jy het gesê jy sou wag, maar toe kom daardie dag
Dat jy net weer besef jy verdien soveel meer
En ek weet ek sal jou nooit kan vergeet nie
Ek het soveel van myself op hierdie lang pad al verloor
En ek weet dis te laat om te wil terug draai
Maar ek wil nie altyd wen nie en dis tyd om te erken jy was reg
Ek het soveel van myself op hierdie lang pad al verloor
En ek weet dit is te laat om te wil terug draai
Maar ek wil nie altyd wen nie en dis tyd om te erken jy was reg
Ja, dis tyd om te erken jy was reg
Written by: Dewald Wasserfall
instagramSharePathic_arrow_out