Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Margot
Margot
Vocals
Loki Rothman
Loki Rothman
Guitar
COMPOSITION & LYRICS
Margot
Margot
Composer
Loki Rothman
Loki Rothman
Composer
Don Kelly
Don Kelly
Lyrics
PRODUCTION & ENGINEERING
Loki Rothman
Loki Rothman
Producer

Lyrics

Ek is anders as gister
Roekeloos ongeduldig
Ek ry met die venster oop
‘n Bietjie te vinnig
Voel veilig verlore
Trap anderste spore
Een hand op die wiel
Chaos in die spieël
Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop
Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp
Hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Voel weer anders as gister
Ek trap al hoe harder
Hard probeer by hou
Maar ek raak al hoe agter
Voel veilig verlore
Wat het geword van my drome?
Een hand op die wiel
Steeds chaos in die spieël
Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop
Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp
Hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Haat dit om nie te weet wat volgende kom nie
Voel ek staan stil, verloor my ambisies
Als word maklik gesê
Hoekom nie maklik gedoen?
‘n Eksistensiële krisis kruip weg om die hoek
Verantwoordelikheid byt uit
Lyk my jy vang nooit op
Het gedog ek het meer tyd
Laat by die eerste stop
Vinniger, vinniger, dit hou nooit op
Sukkel om vooruit te sien
Hou die spoed op 110
Soms verdwyn ek net so bietjie binne in my kop
Hou aan hoop dat die wêreld net ‘n rukkie sal stop
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Soms te bang en hou net aan om my kop te stamp
hou aan voel ek staan alleen my voete op die rand
Hou aan jaag na ‘n plek maar ek kan dit nie sien
Hou die spoed net-net op 110
Written by: Don Kelly, Loki Rothman, Margot
instagramSharePathic_arrow_out