Top Songs By Jacques Not Jack
Credits
PERFORMING ARTISTS
Jacques Not Jack
Performer
Jacques Geldenhuys
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Jacques Geldenhuys
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Alwyn Petrus Bekker
Producer
Lyrics
Dis al 2 jaar vandat
Jy ons verlaat het en
Alles lyk dieselfde
Maar dis stiller hier
Want die ou klavier
In die saal
Speel minder as die helfde
Die dorp roep nog jou naam
Vra gaan dit beter daar
Kyk ons nog na die selle maan
Wat vir ons glimlag in die aand
Kom terug na my met jou singery
Sonder jou is dit te stil in die kombuis
Kom dans met my want ek mis die huis
Kom terug na my met jou singery
Sonder jou is dit te stil in die kombuis
Kom dans met my want ek mis die huis
En die hond lê
By die voet van die bed
Met sy kop op die koue vloer
En ek wil sê
Moenie worrie nie
Sy kom terug
Maar ek weet nie of jy doen nie
Jou ouers noem jou naam
Vra hoe dit met my gaan
Maar ek weet ons almal sit en staar
Na jou foto in die raam
Kom terug na my met jou singery
Sonder jou is dit te stil in die kombuis
Kom dans met my want ek mis die huis
Ooh
Weet jy waar jy gaan
Weet jy waar jy staan
Sal jy terugkom
Ooh
Ken jy nog my naam
Praat jy nog my taal
Kom terug na my met jou singery
Sonder jou is dit te stil in die kombuis
Kom dans met my want ek mis die huis
Written by: Jacques Geldenhuys