Lyrics

[Verse 1]
Voel die grond bewe hier onder my
Ek het al heeltemal te veel hierdie pad gery
[Verse 2]
En jou laaste woorde hulle ego hier in my kop
En al ons drome verdwyn agter ons in die stof
[Chorus]
Het jy iemand wat jou lief het?
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter te koud?
Is dit 'n doodloopstraat?
Dalk net te laat
Dink weer terug aan daai laaste aand
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou
[Verse 3]
Al die kilometers verdwyn
So lig soos 'n fluister, dra ek jou pyn
Jou klanke lewe in my
Al my slegte gewoontes het jy amper vermy
[Verse 4]
Silhouette van jou hande, skree op vensters
En die leë sitplekke met die maanlig
Wat my wakker hou
[Chorus]
Het jy iemand wat jou lief het?
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter is te koud?
Is dit 'n doodloopstraat?
Dalk net te laat
Dink weer terug aan daai laaste aand
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou
[Chorus]
Het jy iemand wat jou lief het?
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter te koud
Het jy iemand wat jou lief het?
Het jy iemand wat jou vashou
As die nagte te donker raak
En die winter
Die winter te koud
Die winter te koud
[Outro]
Iemand wat jou lief het
Wat sal doen wat ek nie kon vir jou
Written by: Owald Vorster van Schalkwyk, Tasché Burger
instagramSharePathic_arrow_out