Top Songs By Anton Goosen
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Anton Goosen
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Songwriter
Lyrics
Vêr onder my druis die stadsgeluide
Die hart van Hillbrow wat flink aanstap
Die straatpredikante en die Hare Krisjna-profete
Groot rooi bus snork verby
Die laataand koerantverkopertjie skree
In die meganiese grammadoela-oerwoud
Hysbakke gly op en af
Blitspatrollie skeur deur die nag
En ek sit op die Hillbrowtoring, ek wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Die wysies van die aand wink
Straatmusikant se hoed lê honger en wag
Silwer munte van die verbygangers op te vang
'n Blinde met 'n wit stok strompel
En die kunsgalery se gaste sien hom nie
Hul oë volg die Art Nouveau van die Arties
Later dra 'n digter voor, TS Elliot, en hy versmoor die kuns
Maar ek sit op die Hillbrowtoring, ek wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simoné
Jou glimlag was vol deernis
Jy't my oneindige argumente beluister
Met die Pseudoleiers van die kultuur
Hul redenasies oor reïnkarnasie
Sosialisme, sport en oor die digkuns
En of die hele wêreld dalk verkeerd is
Jy soen my toe ons huis toe ry
En die gaste smoorkwaad agterbly
En nou ek sit op die Hillbrowtoring en wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Onthou jy St Marcus in Venesië?
Die duiwe wat my jas toesak
Jy't gelag en gesê ek lyk vir jou soos Johannes Die Doper
Ek't gesê, kuns het mos geen grense
Jy't my reggehelp en gesê as gevolg van die samelewing
Is die kuns mos gebonde
Maar ons was jonk verliefdes toe
Jou skip het om Die Punt geseil
En ek sit op die Hillbrowtoring, ek wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simoné
Jou handskoen in die stormwater
Die Noordwind, ysig deur ons hare
Herinnering is soms net Freudiaanse insekuriteit
Want Katryn, Katryntjie, my wintervrou
Al my liedjies was net vir jou
My verse naïef maar hart op die mou
Nou weet ek die donkietjie
Se hart verlang na jou
Want hy sit op die Hillbrowtoring, wag vir sonop
En skryf 'n brief vir Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Ek wil jou hê, Simoné
Written by: Anton Goosen