Top Songs By Koos Du Plessis
Credits
PERFORMING ARTISTS
Koos Du Plessis
Lead Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Koos Du Plessis
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Koos Du Plessis
Producer
Lyrics
[Verse 1]
As die reën van stof en roet verby is
En die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n Neonboog verskyn
[Verse 2]
En kyk maar goed, want as jy hom vind
Vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind
Van 'n skatkis, met ou kettings gebind
Aan die neonboog se punt
[Verse 3]
Volg hom elke nag oor swart riviere
Oor kranse van beton
As jy aanhou stap, tienduisend ure
Sal jy dalk daar kom
[Verse 4]
Maar hier moet jy jou nimmer laat bind
Want, so lui die ou ou sprokie, my kind
As jy geluk en vrede wil vind
Soek die neonboog se punt
[Verse 5]
Volg hom elke nag oor swart riviere
Kyk nie een maal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
En dalk 'n brokkie son
Written by: Koos Du Plessis