Featured In
Credits
PERFORMING ARTISTS
Tasché
Vocals
Richard Onraet
Guitar
Sheldon Graham Yoko
Drums
COMPOSITION & LYRICS
Andre le Roux du Toit
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
Richard Onraet
Producer
Lyrics
Ek het 'n vriendin vêr by die blou see
Teen die hang van Tafelberg, as die son sak
Speel sy die mooiste melodieë
Haar vingers ken die pad
Opgesluit in wit en swart
Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange
Verstaan die hart se diepste smart
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie
Sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem
Voor my laaste sigaret nie
Ek staan op haar balkon
En ek drink haar appelkoostee
Ek kyk uit na Kaapstad in die nag
Die liggies en die swart, swart see
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil
En luister in die donker uur na die naggeluide van Lisa se klavier
En onder op die sypaadjie sien ek 'n bergie en sy maat
Wat staan en opkyk vêr na bo vanuit die vullis van Oranjestraat
Hulle ken al lank die klanke wat uit haar woonstel stroom
Lank na twaalf met die deure oop, al moan die bure okal hoe
Word Lisa elke boemelaar se droom
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Ja, die hele wêreld word stil en luister in die donker uur
Na die naggeluide van Lisa se klavier
Written by: Andre le Roux du Toit, Valiant Swart