Credits
PERFORMING ARTISTS
Deon Groot
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Deon Laubscher
Composer
Don Kelly
Lyrics
Marc Brendon
Lyrics
Adolf Vorster
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Producer
Lyrics
Ons het hierdie huis gebou
Om 'n leeftyd saam te hou
In hierdie eindelose gang het ons foto's opgehang
Ons twee se toekomsplanne
Die laaste foto op die rak
Afgehaal, in bokse weggepak
Kyk die krake teen die muur, in die begin was hul nie hier
Ons lesse peperduur
Hier's 'n bottel rooiwyn, kom ons praat oor ons eerste soen in Darlingstraat
Hierdie aand toe jy gesê het jy's lief vir my
Vat 'n slukkie rooiwyn en onthou het in die reën gedans, mekaar vasgehou
Dan besluit ons as die laaste druppel val, is die koeël al deur die kerk?
Is die koeël al deur die kerk?
Hier staan die trokke voor die hek
Elkeen op pad na 'n ander plek
Besittings word gedeel, gelaai, nou's ons woorde yl gesaai
Maak jou woorde 'n jakkalsdraai?
Maak ek en jy 'n fout?
Was dit sewe sakke sout?
Kom spyt dalk net te laat, nou sit ons harte weer op staak
Hoe kan ons albei hierby baat?
Hier's 'n bottel rooiwyn, kom ons praat oor ons eerste soen in Darlingstraat
Hierdie aand toe jy gesê het jy's lief vir my
Vat 'n slukkie rooiwyn en onthou het in die reën gedans, mekaar vasgehou
Dan besluit ons as die laaste druppel val, is die koeël al deur die kerk?
Is die koeël al deur die kerk?
Ek sien hoe loop jy weg, is dinge regtig dan so sleg?
Kom ons maak dit alles reg
Ek sien hoe kyk jy terug, kom ons bou aan hierdie brug
Daar's geen rede om te vlug
Hier's 'n bottel rooiwyn, kom ons praat oor ons eerste soen in Darlingstraat
Hierdie aand toe jy gesê het jy's lief vir my
Vat 'n slukkie rooiwyn en onthou het in die reën gedans, mekaar vasgehou
Dan besluit ons as die laaste druppel val, is die koeël al deur die kerk?
Is die koeël al deur die kerk?
Written by: Adolf Vorster, Deon Laubscher, Don Kelly, Marc Brendon