Top Songs By Carike Keuzenkamp
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Carike Keuzenkamp
Performer
COMPOSITION & LYRICS
W.D. Schwason
Composer
Rose Van Tonder
Composer
Lyrics
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, a-ham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei, a-ham
Die padda wou gaan opsit met sy nooi in die vlei
Maar 'n opsitkers kon hy nêrens kry, a-ham, a-ham, a-ham
Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur, a-ham
Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur, a-ham
Hy vra toe 'n vuurvlieg om sy lig uit te huur
Die vuurvlieg sê toe ja, teen 'n sent per uur, a-ham, a-ham, a-ham
Die twee loop toe af na die nooi se huis, a-ham
Die twee loop toe af na die nooi se huis, a-ham
Die twee loop toe af na die nooi se huis
Die huis in die vlei van Mejuffrou Muis, a-ham, a-ham, a-ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, a-ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen, a-ham
Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen
Het hy hierdie ontstellende nuus verneem, a-ham, a-ham, a-ham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vas gesweis, a-ham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vas gesweis, a-ham
Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vas gesweis
Hy sou moes opsit saam met padda en sy muis, a-ham, a-ham, a-ham
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, a-ham
Die padda het die vuurvlieg maar huis toe gestuur, a-ham
Want 'n opsitlig teen 'n sent per uur
En 'n luistervink daarby is gans te duur, a-ham, a-ham, a-ham
A-ham, a-ham, a-ham
A-ham, a-ham, a-ham
Written by: Rose Van Tonder, W.D. Schwason