Lyrics

[Verse 1]
Wat maak jou Afrikaans, my ding
Nie net die taal waarin jy sing
Maar tog die hartlikheid
Wat jy so wyd gebruik
Om almal by mekaar te bring
[Verse 2]
Jy is 'n plat op aarde mens
Jou liefdestaal kom uit die spens
En as jy werk
Werk jy hard
En as jy speel
Speel jy hard
Jy is 'n lekker kuier-mens
[Verse 3]
Van Struisbaai tot Delmas
In die Ou Transvaal
Kan jy hoor hoe die mense by die deur in val
[Chorus]
Komma nader
Komma nader
Komma, komma, komma, komma nader
Skop jou skoene uit
Kom ons vat dit suid
Komma, komma, komma, komma nader
[Verse 4]
Vroeg oggend koffie in die kan
Die naweek visvang by die dam
Dis om jou plakkies te dra
"Hallo, hoe gaan dit daar?"
Ons deure staan mos altyd oop
[Verse 5]
Ouma en Oupa op die stoep
Die reuk van plaasreën wat my roep
Die bure ken mekaar
Vroeg oggend kerk basaar
Altyd 'n opskop in die skuur
[Verse 6]
Van Prieska tot Darling
In die mooiste Kaap
Is dit die kuier-vure wat die hardste praat
[Chorus]
Komma nader
Komma nader
Komma, komma, komma, komma nader
Skop jou skoene uit
Kom ons vat dit suid
Komma, komma, komma, komma nader
Komma nader
Komma nader
Komma, komma, komma, komma nader
Skop jou skoene uit
Kom ons vat dit suid
Komma, komma, komma, komma nader
[Bridge]
Maak nie saak waar ek in die wêreld is
Ek sal dit altyd mis
Maak nie saak waar jy in die wêreld is
Jy sal dit altyd mis
[Chorus]
Komma nader
Komma nader
Komma, komma, komma, komma nader
Skop jou skoene uit
Kom ons vat dit suid
Komma, komma, komma, komma nader
Komma nader
Komma nader
Komma, komma, komma, komma nader
Skop jou skoene uit
Kom ons vat dit suid
Komma, komma, komma, komma nader
[Outro]
Komma, komma, komma, komma nader
Written by: Bernice West, Jacomien De Wet, Jannes Erasmus, Johan Vorster
instagramSharePathic_arrow_out