Music Video

Featured In

Credits

COMPOSITION & LYRICS
Kobie van Wyk
Kobie van Wyk
Songwriter
PRODUCTION & ENGINEERING
MJ Nel
MJ Nel
Producer

Lyrics

Drome
Drome
Drome is skilderye wat agter moeë toe oë rondhardloop
Jou gedagtes kleur jou persoonlikheid in en vorm die mens wie jy wil wees
Musiek is medisyne vir 'n hartseer siel
Dit maak jou bly
Dit maak jou vry
Dit maak dat jy jou kop wil skud en saam skree na 'n liedjie wat jy nie ken nie
Dit laat jou vergeet van die monsters wat jou siel aanval
Die mooiste oomblikke is 'n resultaat van planne maak en bier drink saam met jou vriende
Die son sal altyd opkom na die donker nag
Jou probleme sal ook verdwyn soos die wind oor die see
Jy moet eers kan val voordat jy kan leer om op te staan
Almal het foute
Almal het 'n verlede
Dit vorm jou in die mens wie jy vandag is
Wie word wakker as jy gaan slaap
Wie staan op as jy gaan lê
Is daar iemand aan die ander kant van die wêreld wat hierdie speletjie met jou speel
Wie is jou kompetisie
Wie is jou held
Om teen die wêreld te kompeteer maak jou net teleurgesteld
Is jou helde steeds die superheroes wat jy geglo het hulle was toe jy jonk en eenvoudig was
Streef jy steeds na sukses
Word wakker my vriend, word wakker
Tel op jou pen en skryf jou storie
Written by: Kobie van Wyk
instagramSharePathic_arrow_out