Lyrics

Genade so groot soos die Messenkrate
Kom vloei deur my are tot my droogtes verdwyn
Geduldige Welwitchia wag vir hemel water
Vanaand lê jy knus in my gryn
Met eenvoud verknog aan die doodse stiltes
Waar vaders van tyd vir hul rykdom kom grou
Misterie en wysheid agter al jul bulte
Vanaand kuier my hart by jou
O Namib woestyn, laat my seer in die weste verdwyn
Namib woestyn, jou eenvoud maak alles piekfyn
Van Walvisbaai tot by Brandberg se kruin
Van vanaand af lê jy knus in my gryn
Tydlose Aarde waar my hart nou wandel
Vat skuiling in skeure as die Ooswind jou brand
Dan dink ek aan jou tot die berge kantel
Ek het lief geword vir hierdie land
O Namib woestyn, laat my seer in die weste verdwyn
Namib woestyn, jou eenvoud maak alles piekfyn
Van Walvisbaai tot by Brandberg se kruin
Van vanaand af lê jy knus in my gryn
Van Walvisbaai tot by Brandberg se kruin
Van vanaand af lê jy knus in my gryn
Vanaand lê jy knus in my gryn
Written by: Gideon Michiel Andries Hanekom
instagramSharePathic_arrow_out