Top Songs By John Rock Prophet
Credits
PERFORMING ARTISTS
John Rock Prophet
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Ruan Greeff
Songwriter
Lyrics
Ek staan en staar op na die sterrenag
Verleë, maar ferm, verstom, maar vry
Ek wonder wat die sterre ons sou sê
En of die sterre ons nog altyd saam wou hê
Ek wonder wat die sterre sou vertel
Vir my oor jou
Vir my oor jou
Sing vir my saggies, die see sal jou leer
En bring vir my alles wat jou inhibeer
En wys my die werklikheid wat in jou bestaan
Wat nooit sal versuim, o, en nooit sal vergaan
En die wysheid wat my in jou laat glo
Wat ek sien in jou lyf en diep binne in jou oë
Die wysheid wat my in jou laat glo bly binne my
Bly binne my
Ek sit en skryf aan 'n versgedig
Verlos van vrees, maar onvergenoegd
Ek wonder hoeveel water ons kan skei
En hoeveel water jy in die oseaan kan kry
Ek wonder wat dit vat om ons te deel
My van jou
My van jou
My van jou
Sing vir my saggies, die see sal jou leer
En bring vir my alles wat jou inhibeer
En wys my die werklikheid wat in jou bestaan
Wat nooit sal versuim, o, en nooit sal vergaan
En die wysheid wat my in jou laat glo
Wat ek sien in jou lyf en diep binne in jou oë
Die wysheid wat my aan jou laat glo
Bly binne my
Binne my
Written by: Ruan Greeff