Lyrics

Die somer kom en gaan met die kraai van die laaste haan terwyl Judas die aftog blaas
Ek onthou nog in daai eerste son het dit alles terug na my gekom, ek word wakker en ek vat toe nog 'n kans
In die kamers met mure van glas waar ek nog altyd dans
Ek besing jou op my eie
Ek's die lonely troebadoer
In hierdie vreemde tye
Gryp ek na woorde wat jou hart sal roer
Op my eie word ek saggies weg gevoer
Na waar jy my lief gekry het
Hoor my balade van 'n lonely troebadoer
Hoor my balade van 'n lonely troebadoer
Die drome van 'n ander tyd as die koue by my in kom kruip, my heimwee het sy eie dors geles
So ek vra jou vir die laaste dans voor die wind die kerse uit kom blaas, môre sal ons worry oor die res
In die kamers met mure van glas waar ons nog altyd dans
Ek besing jou op my eie
Ek's die lonely troebadoer
In hierdie vreemde tye
Gryp ek na woorde wat jou hart sal roer
Op my eie word ek saggies weg gevoer
Na waar jy my lief gekry het
Hoor my balade van 'n lonely troebadoer
Ek besing jou op my eie
Ek's die lonely troebadoer
In hierdie vreemde tye
Gryp ek na woorde wat jou hart sal roer
Op my eie word ek saggies weg gevoer
Na waar jy my lief gekry het
Hoor my balade van 'n lonely troebadoer
Hoor my balade van 'n lonely troebadoer
Hoor jy my balade van 'n lonely troebadoer?
Written by: Gideon Michiel Andries Hanekom
instagramSharePathic_arrow_out