Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Neil Sandilands
Neil Sandilands
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Neil Sandilands
Neil Sandilands
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Theo Crous
Theo Crous
Producer

Lyrics

[Verse 1]
Baie bly dat jy vir my hier kom kry, my ou maat
Sê my bietjie een ding, is jy steeds so fokking kwaad?
Is goed om jou te sien, kan ons stilsit bietjie praat?
Want die skadus is al nou lank, my broer en die lente bietjie laat
[Verse 2]
Die wêreld was nog jonk daai tyd, die boewe bietjie boos
Onselwers dig en dom daai tyd en gans te goddeloos
Kom sit hier in die braakland, tjom, tussen wes en oos
Die berge het nou grys geword en die kneukels vuiste voos
[Verse 3]
Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer, ek aanvaar jy ook vir my
Ek sou hier opstaan en jou size maak as die beendere net wou bly
Ek sou een vir een jou vuiste vat, ek is lank verby seerkry
Want daai't nog nooit gewerk nie, broer, so sê samblief vir my
[Verse 4]
Hoe lyk dit met ’n drukkie?
Ek weet dis bietjie gay
Maar ek sou smaak om jou van vooraf
Anders lief te kry
En as die winde in ons guns waai
Jy ook vir my
[Verse 5]
Vertel my alles wat gebeur het toe, elke lag en elke pyn
Ek weet ons huil nie voor mekaar nie maar kom ons vat nog 'n slukkie wyn
Breek 'n brood, tan 'n tjop, sit af die selfoonsein
Dis net ek en jy hier vanaand, sit jou hoed op, ons gaan myn
[Verse 6]
Sewe maere jare en toe sewe lekker vet
En als toe weer van voor af, dis die truuk ja, dissie pret
Kinders by dosyne en die langarm van die wet
Achilles is 'n bliksem, broer, kyk my merke, ek sê maar net
[Verse 7]
So kom ons om, so kom ons om
My tjom, my tjom , my tjom
Die trom, die trom
Die trom, die trom, die trom
Kom ons hou vas vanaand, jy gee ook om
[Verse 8]
(Ek sou jou bitter graag wou bliksem, broer, ek aanvaar jy ook vir my)
(Ek sou hier opstaan en jou size maak as die beendere net wou bly)
(Ek sou een vir een jou vuiste vat, ek is lank verby seerkry)
(Want daai't nog nooit gewerk nie, broer, so sê samblief vir my)
[Verse 9]
Wat sê jy oor ’n drukkie?
Ek weet dis bietjie gay
Maar ek sou smaak om jou van vooraf
Anders lief te kry
En as die winde in ons guns waai
Jy ook vir my
[Verse 10]
Dit was so goed om jou te kon sien, my ou broer
'n Bietjie brood te breek, 'n bietjie kak te praat
En in die kas t koekeloer
Gaan jou goed, maak jy mooi
Al bly jy daar en ek bly doer
Ons is baie maar dieselfde, tjom
Ons wil altwee eintlik boer
[Verse 11]
So kom ons om, so kom ons om
Die trom, die trom, die trom
My ou tjom, my ou tjom
Ek hou die trom, die trom, die trom
[Verse 12]
Sit neer jou bier, hou dit net hier
Gee my 'n druk my hel my ou pel
Ek hou die trom, die trom, die trom
My tjom, my tjom, my tjom
[Verse 13]
Kyk hoe brand die vuur?
Hou dit net hier
Gee my 'n druk, tien-vier
Breek 'n brood, my ou pel
Breek 'n brood
My ou tjom
Written by: Neil Sandilands
instagramSharePathic_arrow_out