Top Songs By Retief Burger
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Retief Burger
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Retief Burger
Songwriter
Leza Liversage
Songwriter
Devereaux Oosthuizen
Arranger
Lyrics
[Verse 1]
Vanaand se sekelmaan is net vir jou
Mag hy dans tot in jou hart en sy arms om jou vou
Want as hy kon praat sou hy eenvoudig sê
Hoe diep my liefde hier binne vir jou lê
[Verse 2]
En mensekind Ek weet jou hart is broos
Want die twyfel trek jou skeef en jy's leeg en moedeloos
Maar as jy My oë vir 'n oomblik sou kon leen
Sou jy ’n bruid sien
In wit gekleë
[Chorus]
En weet jy wie dit is?
Kan jou aardse siel begryp na wie Ek verlang?
Dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Dit is jy
Geliefde van My sy
Ek is hier
Hier by jou
In jou
Om jou
Net lief te hê
[Verse 3]
En al sou jy ook die deur in My gesig toeslaan
En die leuens bly glo dat Ek net nie bestaan
Sal Ek nog steeds My liefde vir jou kom wys
'n Gebreekte lyf wat hang aan 'n kruis
[Chorus]
En weet jy wie jy is?
Kan jou aardse siel begryp na wie Ek verlang?
Dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Dit is jy
Geliefde van My sy
Ek is hier
Hier by jou
In jou
Om jou
[Chorus]
Dit is jy
My bruid in ewigheid
Een kyk van jou oë
En die hout se pyn verdwyn
Dit is jy
Geliefde van My sy
Ek is hier
Hier by jou
In jou
Om jou
Ek is hier
Hier by jou
In jou
Om jou
Net lief te hê
Written by: Leza Liversage, Retief Burger