Upcoming Concerts for Laurika Rauch
Featured In
Top Songs By Laurika Rauch
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Vocals
Jak De Priester
Vocals
Murray Lubbe
Background Vocals
Rixie Roman
Bass
Susan Mouton
Cello
Vinnie Henrico
Drums
Danny Smoke
Guitar
Chris van der Westhuizen
Keyboards
COMPOSITION & LYRICS
Jak de Priester
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch
Producer
Jak De Priester
Producer
Juan (Floors) Oosthuizen
Producer
Laurika Rauch Productions
Producer
Lyrics
Kyk hoedat die son oor Jakobsbaai verdwyn
Met die witgekalkte huisies en die seemeeus in jou tuin
Kyk hoe smous die locals in Paternoster almal kreef
En vir ’n laaste dop by die Pantie Bar sal jy my gou vergeef
Kyk net al die tente op Tietiesbaai se sand
Kyk hoe vlieg die helder kites oor Langebaan se strand
Kyk hoe breek die golwe oor Muizenberg se kus
Kyk koop die mense op Kalkbaai almal vis
Gee vir my die Suiderkruis, laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig, skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Kyk hoe ’n duisend sebras in die Wildtuin water drink
Hoor hoe ’n donderstorm oor die bosveldaarde klink
Kyk die stokou plaashuis in die middel van die Karoo
En die mense wat op die stoep sit wat soos kinders nog kan glo
Kyk die Jakarandas lê pers om die Brooklyn Mall
Kyk die reënboog kleurtapyt wat oor Namakwaland uitrol
Kyk die spierwit aarde in die Vrystaat se wintertyd
Kyk hoe groet daai windpomp, dis die eensaamste geluid
Gee vir my die Suiderkruis, laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap sal die lig by my kom bly
Skyn liewe maanlig, skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer die see se spierwit sand
Kyk hoe vat ons hande toe Madiba daai dag groet
Ek is lief vir hierdie wêreld, dis my mense, dis my bloed
Written by: Jak de Priester