Upcoming Concerts for Laurika Rauch
Top Songs By Laurika Rauch
Similar Songs
Credits
PERFORMING ARTISTS
Laurika Rauch
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
David Kramer
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Laurika Rauch Productions
Producer
Lyrics
'n Man stap deur die strate, jy kan sien hy's van die stad
Hy dra 'n donkerbril en Calvin Klein en sy baard is kort en glad
Hy dink hoekom is ek hier, na wat is ek opsoek
Was hier nie 'n klein kafeetjie nie, net hier om die hoek?
En waar is die Scala-bioskoop, het hulle dit gesloop?
Die sinagoge was in die gebou waar jy jou meubels koop
Die Jode het almal weggetrek, die ou-mense is dood
En die laaities sit nou sonder werk, hul voete in die sloot
Wat maak ek in die dorpie, nee, hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto, maar Toronto's nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag, eendag is jy oud
Hy stap by die Pandora in, bestel koffie en chocolate-koek
Hy dink hier't ek eers vir Elvis gehoor op daai jukebox in die hoek
En tussen verlepte varings staan 'n tenk vol goue vissies
En die vrou agter die toonbank, sy dink haar naam is Missies
Wat maak ek in die dorpie, nee, hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto, maar Toronto's nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag, eendag is jy oud
Hy stap by die hoofstraat af tot by die Central Hotel
En hy luister na die prediker wat met sy Bybel skree en skel
Hy sê, "Die duiwel het ons beet en hy ly ons om die bos"
Hy dink, wanneer gaan die spoke van die ou-ou-dae ons los?
Wat maak ek in die dorpie, nee, hier kan ek nie bly nie
Ek bly nou in Toronto, maar Toronto's nie vir my nie
Die somers is bedompig en die winters is te koud
En jou hele lewe hardloop jy en eendag, eendag, eendag, eendag is jy oud
Die hek is nog dieselfde, maar die stoep is 'n ander kleur
Hy stap oor die crazy paving en klop liggies aan die deur
'n Mooi jong vrou maak effens oop, sy sê kan ek help meneer?
Hy sê, "Jammer maar ek is 'n vreemdeling en my hart is in twee geskeer"
Hy sê, "Jammer maar ek is 'n vreemdeling en my hart is in twee geskeer"
Written by: David Kramer