Lyrics

Daar’s ‘n klein vissersdorpie teen die see
Langs ‘n oerou sprokies meer en spierwit duinesand
Waar die branders aangerol kom teen die rotse en die strand
En die kinders in die sonskyn rondbaljaar
Waar ‘n hengelaar van vroeg af sy geluk weer kom probeer
En ‘n paartjie skryf hul liefde in die sand
En eenkant weer ‘n stokou visserskuitjie teen die wind
En ek weet ek het myself weer hier gevind
Elandsbaai waar ‘n haan vroeg soggens kraai
En ‘n seemeeu heeldag draai op ‘n suid-ooste wind
Elandsbaai waar die oggendmis se dous
Na ‘n sterrenag se kou weer nuwe lewe bring
My hart lê daar
Op Elandsbaai
Daar kan ek in die oggend in die ligte briesie dwaal
My gedagtes met die branders deel
Ek kan droom van my drome
Nuwe lugkastele bou en soos ‘n kleintjie op die strand rondspeel
Dis my klein paradysie in my sukkelmens bestaan waar my lewenspaadjie vrolik vir my wag
Dis my klein Westersdorpie in die Sandveld kontrei
Dis waar jy my altyd weer sal vind
Elandsbaai waar ‘n haan vroeg soggens kraai
En ‘n seemeeu heeldag draai op ‘n suidooste wind
Elandsbaai waar die oggendmis se dou
Na ‘n sterrenag se kou weer nuwe lewe bring
Elandsbaai waar ‘n haan vroeg soggens kraai
En ‘n seemeeu heeldag draai op ‘n suidooste wind
Elandsbaai waar die oggendmis se dou
Na ‘n sterrenag se kou weer nuwe lewe bring
My hart lê daar
Op Elandsbaai
Written by: B Nieuwoudt
instagramSharePathic_arrow_out