Music Video

Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Angel De Lange
Angel De Lange
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Rudi Claase
Rudi Claase
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Christie Schutte
Christie Schutte
Producer
Dirk van Niekrk
Dirk van Niekrk
Producer

Lyrics

Ek voel die trane loop weer oor my wang
Daar's iets in my hart wat my bang maak
Is hierdie net 'n droom wat ek moet vang?
Daar's iets wat my binneste aanraak
Moet ek glo?
Of glo ek wat my hart wil glo?
Daar's 'n deel van my wat breek toe jy die woorde sê wat jy sê vanaand
Ek huil oor jou as die son en die nag gaan lê
Ek huil oor jou as ek dink aan wat jy sê
Is al my drome nou woorde wat waai oor wat ons kon wees?
Ek huil as ek dink dat ek jou vanaand verloor
En die trane loop as ek jou hier in my hoor
Ewig in my toegevou sal ek aan jou vas bly hou
Ek huil oor jou
Ek weet dit was vanaand ons laaste soen
Ek voel hoe my hart uitmekaar val
Daar's niks wat ek aan hierdie pyn kan doen
Hoe kan ek die seer in my uithaal?
Moet ek wag?
Of wag ek elke oomblik om?
Daar's 'n deel van my wat breek toe jy die woorde sê wat jy sê vanaand
Ek huil oor jou as die son en die nag gaan lê
Ek huil oor jou as ek dink aan wat jy sê
Is al my drome nou woorde wat waai oor wat ons kon wees?
Ek huil as ek dink dat ek jou vanaand verloor
En die trane loop as ek jou hier in my hoor
Ewig in my toegevou sal ek aan jou vas bly hou
Ek huil oor jou, oe
Ek huil oor jou as die son en die nag gaan lê
Ek huil oor jou as ek dink aan wat jy sê
Oe, is al my drome nou woorde wat waai oor wat ons kon wees?
Ek huil as ek dink dat ek jou vanaand verloor
En die trane loop as ek jou hier in my hoor
Oe, ewig in my toegevou sal ek aan jou vas bly hou
Ek huil oor jou
Ek huil oor jou
Written by: Rudi Claase
instagramSharePathic_arrow_out