Music Video

Credits

PERFORMING ARTISTS
Neil Somers
Neil Somers
Performer
Raymond Green
Raymond Green
Guitar
Vaughn Charles Gardiner
Vaughn Charles Gardiner
Keyboards
COMPOSITION & LYRICS
Neil Somers
Neil Somers
Composer
Kobus Bezuidenhout
Kobus Bezuidenhout
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Vaughn Charles Gardiner
Vaughn Charles Gardiner
Producer

Lyrics

Ek wonder partykeer
Waar die lewe se paadjies heen gaan
En ek en Jack Daniels is vriende
Omdat hy my verstaan
Soms mis ek die lag in my vriende
Van kleintyd se oë
Daai dae het ons almal in Atlantis geglo
Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my, en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
In die vroegoggend traffic
Hoor ek hoe roep Mammon my naam
Ek's 'n kind van die rat race
Spesiaal vir hom grootgemaak
Dan hoor ek jong stemme wat lag
Langs 'n mooi rivier
Ons het dieper geduik
En gehoop om Atlantis te sien
Atlantis roep my vanaand
Die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my, en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
Maar die lewe se paaie
En die uurglas se draaie, loop vêr
En dis aande soos die
Wat ek wens dat ek als so kan hê
Die bravade van kindwees
Se perke lê diep en wyd
En dit was net gedemper
Deur die hande van ou Vader Tyd
Atlantis roep my vanaand
Ooh, die see slaap so rustig onder die maan
Atlantis roep my, en ek hoor
Anderkant Atlantis vat ek jou spoor
Anderkant Atlantis lê ek jou voor
Anderkant Atlantis lê ek jou voor
Written by: Kobus Bezuidenhout, Neil Somers
instagramSharePathic_arrow_out