Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Douvoordag
Douvoordag
Vocals
COMPOSITION & LYRICS
Jattie De Beer
Jattie De Beer
Composer
Ilse De Beer
Ilse De Beer
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Jake Odendaal
Jake Odendaal
Producer

Lyrics

Staan op, goeie môre, waar is ons nou?
Dis die ongetrapte pad wat my hart van hou
Hier voor lê 'n vurk waar ons roete gaan
Vandag, vandag is ons tweede kans
Dis tyd om ons drome weer af te stof
En dit roekeloos te jaag al sou dit alles kos
Maar ons trap so versigtig die lewe deur net om veilig by die dood te arriveer
Ooh-oh-oh en ek dans en ek sing die onbekende in
Ek gaan waar ek wil, waar my hart my bring
Die tyd is min die avontuur begin, begin nou
Eerder dood as bang is wat ek wil wees
Vryheid het 'n vyand sy naam is vrees
Ek soek meer as gemaklik net stroomaf dryf
Ons gaan ons eie storie skryf
En ek dans en ek sing die onbekende in
Ek gaan waar ek wil, waar my hart my bring
Die tyd is min die avontuur begin, begin nou
(Heya-ooh)
(Heya-ooh)
(Heya-ooh)
(Heya-ooh)
Ek wil sê ek het gelewe, ek wil sê ek het vertrou
Ek wil sê ek het tot aan die einde steeds die koers gehou
Ek wil sê ek het ontdek, ek wil sê ek het geskep
Ek wil sê ek het dit als gegee vir wat ek liefhet
En ek dans en ek sing die onbekende in
Ek gaan waar ek wil, waar my hart my bring
Die tyd is min die avontuur begin, begin nou
En ek dans en ek sing die onbekende in
Ek gaan waar ek wil, waar my hart my bring
Die tyd is min die avontuur begin, begin nou
Begin nou
Written by: Ilse De Beer, Jattie De Beer
instagramSharePathic_arrow_out