Featured In

Credits

PERFORMING ARTISTS
Stephan Visagie
Stephan Visagie
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Stephan Visagie
Stephan Visagie
Songwriter

Lyrics

Wat maak jy as die nag korter word en die dag nader kruip?
Wat dink jy as my arms nog 'n rukkie jou by my wil hou?
Wat maak jy?
Wat dink jy?
Waar gaan jy as Kaapstad sy liggies vir die oggend verruil?
Hoe voel jy as ons liedjie op die radio met jou hart wil praat?
Waar gaan jy?
Hoe voel jy?
Al hierdie vrae draai in my kop
Soos die Bloutrein wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op dieselfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my?
Wat sien jy as jy diep in die kristalbal na ons toekoms staar?
Wat dink jy, is daar 'n plekkie vir my in jou hart bewaar?
Wat sien jy?
Wat dink jy?
Al hierdie vrae draai in my kop
Soos die Bloutrein wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op dieselfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my?
Die engele huil
Oor nog 'n liefde wat ly
So vat my saam
As jy weer weggaan
Al hierdie vrae draai in my kop
Soos die Bloutrein wat nooit sal stop nie
Al in die rondte op dieselfde spoor
Al hierdie vrae oor en oor
Hoe doen jy wat jy doen aan my?
Hoe doen jy wat jy doen?
Hoe doen jy wat jy doen?
Wat jy doen aan my
Written by: Stephan Visagie
instagramSharePathic_arrow_out