Lyrics

Ek sien 'n ster dit is so ver
Nooit sal ek ooit daaraan kan raak nie
Dit is so hoog die hemel sit bo
Ek sal dit nooit tot daar kan maak nie
Ek moet probeer nog net een keer
Dan sal eers vir seker weet
Of ek tot hoog daar bo kan kom
En dan verby tot by die son
Waar ek elke dag tot laat in die nag vir liefde wag
Ek kyk na die sterre niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
'N Arend se vlug hoog in die lug
Niemand kom by waar hy gaan sit nie
Hy is nie bang want niks kan hom vang
Niks kan tog beter as dit wees nie
Nou dat ek weet sal ek nooit vergeet
Dat ek moet lewe en laat lewe
Dat liefde nooit weer sal vergaan
Dat dit vir ewig sal bestaan
Dat dit van my 'n deel sal kan bly my hele lewe
Ek kyk na die sterre niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
Ek kyk na die sterre niks is ooit vir my te ver nie
Liefde in my lewe laat my ook op vlerke swewe
Iets om na te strewe want dit is my hele lewe
Ek wil aan jou vertel maar ek dink tog jy weet dit wel
Jy is my lewe
Written by: Bernd Meinunger, Karin van Haaren, L. Bridges, Tony Hendrik
instagramSharePathic_arrow_out