Lyrics

Iemand het jou hart gebreek
Waarom is die liefde dan so wreed
En in jou oë sien ek selfverwyt
En vrees vir die eensaamheid
Nêrens is daar iemand wat jy vertrou
Niemand om jou hand vas te hou
Net soos 'n kind in 'n vreemde stad
Vol angs vir die donker nag
Maar as jy huil dan troos ek jou
As jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê
Sal ek verstaan
Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange
Sal ek by jou staan
Jy wonder wat nou en waarheen
En môre net vir jou so alleen
En in jou oë sien ek selfverwyt
En vrees vir die eensaamheid
Maar as jy huil dan troos ek jou
As jy praat dan glo ek jou
As jy sê wat jy wil hê
Sal ek verstaan
Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange
Sal ek by jou staan
Waar jy dwaal kom haal ek jou
As jy val dan help ek jou
As jy bang is, vol verlange
Sal ek by jou staan
Sal ek by jou staan
Written by: Hendrik, L. Bridges, Martin Krause, Pinion
instagramSharePathic_arrow_out