Credits

PERFORMING ARTISTS
Barto
Barto
Performer
Droomsindroom
Droomsindroom
Performer
Elandré
Elandré
Performer
Jo Black
Jo Black
Performer
Juanita du Plessis
Juanita du Plessis
Performer
Refentse
Refentse
Performer
Laurika Rauch
Laurika Rauch
Performer
COMPOSITION & LYRICS
Anton Goosen
Anton Goosen
Composer
Christopher Torr
Christopher Torr
Composer
H. A. Fagan
H. A. Fagan
Composer
Koos Du Plessis
Koos Du Plessis
Composer
Laurinda Hofmeyr
Laurinda Hofmeyr
Composer
T. Christen
T. Christen
Composer
U. Jürgens
U. Jürgens
Composer
PRODUCTION & ENGINEERING
Dirk van Niekerk
Dirk van Niekerk
Producer
Sean Butler
Sean Butler
Producer

Lyrics

Jy't gesê ons liefde sal bly staan
al tuimel al die berge in die oseaan
Doen vir my ʼn gunsie voor jy gaan
gooi vir my ʼn klippie
ʼn klippie in die oseaan
Die golwe weet waar breek die branders
hulle dink hulle's vry
Die wolke wentel in die hemel maar
op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag, op Blouberg se strand
die wind gaan nog waai, die son gaan nog brand
maar dis koel ná die lang nag
en ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
goeie môre my kind
kom ons draf langs die strand
kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
en die strale sal brand
maar dis vroeg in die dag
op Blouberg se strand
Ek het ʼn huisie by die see, dis nag
ek hoor aaneen, aaneen, die golwe slaan
Teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
dit is ʼn rots waarop my huisie staan
Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan
dit is ʼn rots waarop my huisie staan
Die winteraand is om my
oor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
soos die wolwe in die berge
Teen die hortjies klap die venster
en herinner my aan die
Klop van jou kneukel aan my deur
maar ek weet ook dat jy ver is
en dat ek my dood verlang na jou
Vergeet om my te vergeet
onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet ek is lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
onthou om te onthou
om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
onthou om te onthou
om my te onthou
My oom se motor is ʼn ou masjien
hy maak dit vol met diesolien
en hy sing in die strate as hy ons kom sien
my oom is oud en ek is skaars dertien
My oom drink koffie en my tannie tee
ek vra oor die reën en hy sê ja-nee
en hy drink soet koffie met sy een oog toe
en hy praat weer oor die drie van Mannetjies Roux
O stuur ons net so ʼn bietjie reën
my oom het ʼn tenk vol diesolien
en seën my pa en seën my ma
en my oom op sy plaas in Afrika
en seën my pa en seën my ma
en my oom op sy plaas in Afrika
Ek ken ʼn ou, ou liedjie
Van lewens wel en weë
Van lankvergane skepe in
die kelders van die see
Die woorde is vergete
en tog, die deuntjie draal
Soos vaagbekende grepies in
ʼn baie ou verhaal
Van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
En eindelik was almal maar
net kinders van die wind
net kinders van die wind
Written by: Anton Goosen, Christopher Torr, H. A. Fagan, Koos Du Plessis, Laurinda Hofmeyr, T. Christen, U. Jürgens
instagramSharePathic_arrow_out